12 April is die 102de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (103de in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 263 dae in hierdie jaar.

Gebeure 467 – Anthemius word verhef tot Romeinse Keiser. 1204 – Konstantinopel verower deur die kruisvaarders van die vierde kruistog. 1261 – Pous Alexander IV gee 'n bul aan koning Hendrik III van Engeland wat hom onthef van sy eed wat die koning geneem het in die Voorsienings van Oxford. 1281 – Pous Martinus IV bevorder Girolamo Masci d'Ascoli (later Pous Nicolaas IV) tot kardinaal-biskop van Palestrina. 1671 – Pous Clemens X verklaar ses persone heilig waaronder Sint Rose van Lima. 1798 – Stigting van die Helvetiese Republiek met hoofstad Aarau. 1815 – Uitbarsting van berg Tambora wat reeds op 5 April begin het, eis altesaam minstens 71 000 menselewens. 1850 – Pous Pius IX keer terug na Rome. 1861 – Die Amerikaanse Burgeroorlog begin by Fort Sumter. 1877 – Die Verenigde Koninkryk annekseer Transvaal. 1945 – Harry S. Truman ingehuldig as die 33ste President van die Verenigde State. 1945 – Troepe van die VSA betree die Buchenwald-konsentrasiekamp. 1961 – Joeri Gagarin word die eerste man in die ruimte. 1975 – Viëtnam-oorlog: Die Verenigde State se ambassade in Phnom Penh, Kambodja word ontruim toe Khmer Rouge troepe die stad omsingel. 1981 – Die eerste lansering van die ruimtependeltuig Columbia vir die STS-1 missie. 1992 – Euro Disney open in Marne-la-Vallee, Frankryk.

Geboortes 1892 – Henry Darger, Amerikaanse skrywer, romanskrywer en kunstenaar († 1973). 1898 – Lily Pons, Amerikaanse operasopraan († 1976). 1905 – Emmanuel Mounier, Franse filosoof († 1950). 1933 – Montserrat Caballé, Spaanse operasangeres († 2018). 1939 – Mannetjies Roux, Springbokrugbyspeler. 1940 – Herbie Hancock, Amerikaanse pianis, komponis, en akteur. 1942 – Jacob Zuma, Suid-Afrikaanse politikus en vierde President van Suid-Afrika (2009–2018). 1942 – Carlos Reutemann, Argentynse Formule Eenrenjaer († 2021). 1947 – Tom Clancy, Amerikaanse outeur († 2013). 1949 – Pravin Gordhan, Suid-Afrikaanse politikus en voormalige minister van finansies († 2024). 1950 – David Cassidy, Amerikaanse sanger, akteur († 2017). 1957 – Suzzanne Douglas, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2021). 1957 – Ronald Plasterk, Nederlandse bioloog en voormalige PvdA-politikus. 1971 – Shannen Doherty, Amerikaanse aktrise († 2024). 1979 – Claire Danes, Amerikaanse aktrise. 1981 – Tulsi Gabbard, Amerikaanse politikus dien sedert 2025 as die 8ste direkteur van nasionale intelligensie. 1992 – Chad le Clos, Suid-Afrikaanse swemmer en Olimpiese gouemedaljewenner.

Sterftes 65 – Lucius Annaeus Seneca, filosoof ca. 4 v.C. 352 – Pous Julius I, 35ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1945 – Franklin D. Roosevelt, Amerikaanse politikus en staatsman, 32ste President van die Verenigde State (* 1882). 1947 – C. Louis Leipoldt, Afrikaanse digter (* 1880). 1969 – D.F. Malherbe, Afrikaanse digter en dramaturg (* 1881). 1981 – Joe Louis, Amerikaanse bokser (* 1914). 1988 – Alan Paton, Suid-Afrikaanse skrywer en politieke leier (* 1903). 1993 – Pierre Etienne Rousseau, Suid-Afrikaanse wetenskaplike en die stigter van SASOL (* 1910). 2002 – Steve Tshwete, ANC-kabinetsminister (* 1938). 2008 – Patrick Hillery, Ierse arts en politikus (* 1923). 2009 – Marilyn Chambers, Amerikaanse erotiese aktrise (* 1952). 2013 – Johnny du Plooy, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser (* 1964). 2019 – Carol Thomas, Suid-Afrikaanse ginekoloog (* 1961). 2020 – Stirling Moss, OBE 'n voormalige Britse renjaer (* 1929). 2022 – Gilbert Gottfried, Amerikaanse komediant en akteur (* 1955).

Vakansiedae en vierings Geboortefees van Mahavira. Feesdag van Pous Julius I in die Rooms-Katolieke Kerk. Herdenking van die eerste mens in die ruimte deur Joeri Gagarin: Kosmonautikadag (Rusland) Internasionale Dag van Menslike Ruimtevaart Joeri se Nag (Internasionale viering)

Verwysings

Kategorie:April