Die swartvlieëvanger (Melaenornis pammelaina) is 'n algemene standvoël wat in breëblaarboomveld, savanne en woudrande leef. Die voël kom voor in die ooste van Suid-Afrika vanaf Gqeberha, Limpopo, Mpumalanga, Mosambiek, Zimbabwe en die noorde van Botswana en Namibië.
Die voël is 18 – 20 cm groot en weeg 24 – 32 gram. In Engels staan die voël bekend as die Southern Black Flycatcher.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Vlieëvangers Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin