Die Perseus-Pisces-superswerm (SCl 40) is een van die grootste bekende strukture in die sigbare heelal. Selfs op ’n afstand van 250 miljoen ligjare strek hierdie ketting van sterrestelselswerms oor meer as 40° aan die lugruim. Dit is een van twee dominante konsentrasies sterrestelsels in die nabygeleë heelal (binne 300 miljoen ligjare) wat weerskante van die Plaaslike Superswerm geleë is waarvan ons Melkweg deel is. Dit grens ook aan ’n groot leemte, die Taurus-leemte.
Die belangrikste sterrestelselswerms in die Perseus-Pisces-superswerm is Abell 262, Abell 347 en Abell 426.
Sien ook Abell-katalogus Superswerm Sterrekundeportaal
Eksterne skakels Atlas of the universe: Perseus-Pisces-superswerm 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia</small>
Kategorie:Superswerms Kategorie:Visse (sterrebeeld)