Die Overberglangbeklewerik (Certhilauda brevirostris) is 'n redelike algemene endemiese standvoël in braakland, landerye, kusfynbos en Karoobossieveld. Die voël is 18 – 20 cm groot en weeg 35 - 40 gram. In Engels staan die voël bekend as die Agulhas Long-billed Lark.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Lewerike