duimnael|links|upright|'n Meksikaanse skildery wat die legende van Popocatépetl en Iztaccíhuatl vertoon. Iztaccíhuatl (Nahuatl: Iztāccihuātl [istakˈsiwatɬ] of [iʃtakˈsiwatɬ]) is 'n berg in Noord-Amerika wat op die grens tussen die twee Meksikaanse deelstate México en Puebla geleë is. Met 'n hoogte van 5 230 meter is dit die derde hoogste berg en vulkaan van Meksiko ná die Citlaltépetl en die Popocatépetl.

Die Iztaccíhuatl is halfpad tussen Meksikostad in die noordweste en Puebla de Zaragoza in die suidooste geleë. Net suid lê die tweelingsvulkaan Popocatépetl. Die naam van die berg beteken in die Asteekse taal Nahuatl "wit vrou".

Eksterne skakels

Iztaccíhuatl in die Global Volcanism Program van die Smithsonian Institution Iztaccíhuatl op peakbagger.com

Kategorie:Berge van Meksiko Kategorie:Vulkane