Die Ekonomiese Vryheidsvegters (Engels: Economic Freedom Fighters, afgekort: EFF) is 'n politieke party in Suid-Afrika. Die party is op 11 Julie 2013 deur sy leier, Julius Malema, bekendgestel.

duimnael|links|'n Klein EFF-optog op Mandela-dag (18 Julie 2014) naby die parlementsgebou in Kaapstad betoog ter ondersteuning van grondhervorming in Suid-Afrika. Die Ekonomiese Vryheidsvegters het 'n radikale, linkse, anti-kapitalistiese en anti-imperialistiese beleid. Volgens hulle is grondonteiening en die nasionalisering van myne ononderhandelbaar. Hulle beplan om mense en maatskappye te dwing om hulle welvaart met almal te deel.

Malema het beklemtoon dat blanke Suid-Afrikaners welkom is om by die EFF aan te sluit, maar dat hulle die party se beleid van grondherverdeling ​​moet aanvaar. Hy het daarna gesê: "Blankes moet bereid wees om die land te deel. Wie is ons dat ons sou sê dat hulle in die see gedryf moet word?"Malema's red berets storm 2014, Mail & Guardian, 12 Julie 2013

Hulle buitelandse beleid is om handel tussen Afrikalande te bevorder en die kontinent te integreer deur "onnodige grense" tussen lande op te hef, onder andere Suid-Afrika se grense met Botswana, Eswatini, Lesotho en Namibië.Borders in Africa 'unnecessary', says EFF, Mail & Guardian, 25 Julie 2013

Die party het die African National Congress (ANC) in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 teengestaanMalema waarsku SA'ners oor 'opofferings', Nuus24, besoek op 14 Julie 2013 en vriend en vyand verras deur meer as 'n miljoen stemme (byna 10% soveel as die ANC s'n) te verkry. Die resultaat is dat die EFF nou die derde grootste party in die land is, en sal hul ondersteuners met 25 van die 400 setels in die parlement verteenwoordig.

Verkiesingsresultate Parlement duimnael|Persentasie van stemme vir die EFF in die 2014-verkiesing, volgens kiesafdelings. Nasionale Vergadering Verkiesing # vanalgehele stemme % vanalgehele stemme # vanalgehele setels gewen +/– 2014 1 169 259 6,35 25 / 400 25 2019 1 881 521 10,79 44 / 400 19 2024 1 529 961 9,52 39 / 400 5

Nasionale Raad van Provinsies Verkiesing # vanalgehele setels gewen +/– 2014 7 / 90 7 2019 11 / 90 4 2024 10 / 90 1

Provinsiale verkiesings VerkiesingOos-KaapVrystaatGautengKwaZulu-NatalLimpopoMpumalangaNoordwesNoord-KaapWes-Kaap % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels20143,48%2/638,15%2/3010,30%8/731,85%2/8010,74%6/496,26%2/3013,21%5/334,96%2/302,11%1/4220197,84%5/6312,58%4/3014,69%11/739,71%8/8014,43%7/4912,79%4/3018,64%6/339,71%3/304,04%2/42202410,14%8/6313,52%4/3012,93%11/732,26%2/8014,12%9/4913,87%7/3017,37%7/3313,25%4/305,30%2/42

Munisipale verkiesings VerkiesingStemme% 2016 3 202 679 8,31 2021https://results.elections.org.za/home/LGEPublicReports/1091/Detailed%20Results/National.pdf 3 223 828 10,54

Sien ook Lys van politieke partye in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Ondersteuner-webwerf

Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika