Christopher Lambert (geb. 29 Maart 1957) is ’n Amerikaans gebore Franse akteur wat in Amerikaanse, Franse en ander Europese produksies speel. Hy is die bekendste vir sy rol as Connor MacLeod in die rolprent Highlander en die opvolgprente daarvan. Hy is ook bekend as Tarzan in Greystoke: The Legend of Tarzan, Lord of the Apes en as die god van donder Raiden in die eerste rolprentweergawe van die videospeletjie Mortal Kombat. Sy naam word in internasionale produksies aangegee as Christopher Lambert, maar in Franssprekende lande as Christophe Lambert.

Vroeë lewe Lambert is in New York gebore as Christophe Guy Denis Lambert. Sy pa was ’n diplomaat in die Verenigde Nasies. Lambert het in Genève, Switserland, grootgeword en op 16 na Parys, Frankryk, getrek.

Loopbaan Nadat hy in verskeie byrolle in Franse rolprente verskyn het, het Lambert internasionaal bekend geword toe die regisseur Hugh Hudson hom die rol van Tarzan gee in die prent Greystoke: The Legend of Tarzan, Lord of the Apes (1984). In dieselfde jaar het hy sy eerste hoofrol in ’n Franse prent gespeel – saam met Catherine Deneuve in Paroles et Musique. In 1985 het Lambert die manlike hoofrol gespeel in Luc Besson se Subway, waarvoor hy die volgende jaar ’n César-prys vir beste akteur gewen het.César Amptelike webtuiste van die César-pryse, URL besoek op 21 November 2007 Highlander (1986), waarin hy die rol van Connor MacLeod vertolk, was ’n internasionale sukses en sy bekendste prent. Hy het in al drie opvolgprente verskyn en het ’n kameerol gehad in die loodsepisode van die Highlander-televisiereeks.

The Sicilian, met Michael Cimino as regisseur en Lambert in die rol van Salvatore Giuliano, is in 1987 uitgereik en was minder suksesvol as sy vorige prente. Dit het gemiddelde resensies gekry en net ’n klein wins gemaak. To Kill a Priest, waarin hy ’n karakter speel wat op Jerzy Popiełuszko gebaseer is, het goeie resensies gekry, maar was ’n finansiële mislukking. Lambert het ingestem om in die eerste Highlander-opvolg, Highlander II: The Quickening, te speel. Die prent het nie goed gevaar nie.Ecranlarge.com – Portrait : Christophe Lambert

In die 1990's het Lambert in aksie-, riller- en wetenskapsfiksieprente soos Knight Moves (1992), Fortress (1993), Gunmen (1994) en Mean Guns (1997) gespeel, asook in die Italiaanse produksie Nirvana (1997). Hy het ook in prente met ’n klein begroting gespeel wat swak gevaar het en van sy prente is direk op video uitgereik. Hy was ook in ’n paar Franse prente soos Max et Jérémie (1992) te sien.

In 1995 het hy die god van donder Raiden in ’n rolprentweergawe van die videospeletjie Mortal Kombat gespeel. Hy wou ook in die vervolg speel, maar is verhinder deur sy werk aan die prent Beowulf (1999). In 2001 het hy die rol van die kaptein Vercingetorix in die Frans-Kanadese produksie Druids vertolk. Die prent was ’n finansiële mislukking.

Lambert was ook die vervaardiger van Franse prente soos Patrick Braoudé se Génial, Mes Parents Divorcent (1990) en Neuf Mois (1994).

In 2009 was hy in Claire Denis se White Material; beide die prent en Lambert se toneelspel is deur resensente geprys.

Persoonlike lewe Lambert was van Oktober 1988 tot in 1994 getroud met Diane Lane. Hulle het ’n dogter, Eleanor Jasmine. Hy is op 6 Februarie 1999 met Jaiymse Haft getroud. Sedert 2007 was hy in ’n verhouding met Sophie Marceau, saam met wie hy in die prent Trivial was. Hulle is in 2012 getroud.Uit Süddeutsche Magazin

Lambert is erg bysiende en kan nie sonder sy bril sien nie. Omdat hy nie kontaklense kan dra nie, speel hy soms toneel terwyl hy feitlik blind is. Hy is verskeie kere beseer terwyl hy sy eie waagtoertjies sonder ’n bril gedoen het. Daar word soms beweer sy bysiendheid maak hom aantrekliker omdat dit ’n sekere sjarme verleen aan die manier waarop hy na mense kyk.

Lambert het ’n mineraalwater-onderneming, ’n voedselverwerkingsfabriek en ’n wynmakery saam met ’n vennoot. Hul wyn, Les Garrigues de Beaumard-Lambert, word hoofsaaklik in Europa verkoop.

Hy is ook die enigste eienaar van Lamb Bear Productions. Die naam is ’n woordspeling op sy van, wat "Lamb-bear" uitgespreek word.

Filmografie Jaar Titel Rol Notas 1979 Ciao, les mecs Un loubard à la soirée dansante As Christophe Lambert 1980 The Telephone Bar Paul "Bébé" Franchi As Christophe Lambert 1981 Douchka TV-prent Asphalt Un médecin à l'hôpital / Die dokter As Christophe Lambert Une sale affaire Mullard As Christophe Lambert Putain d'histoire d'amour Polisie-inspekteur As Christophe Lambert 1982 Légitime violence Joggie As Christophe Lambert Cinéma 16 Marcel TV (1 episode) 1984 Greystoke: The Legend of Tarzan, Lord of the Apes John Clayton / Tarzan 1985 Paroles et musique Jeremy As Christophe Lambert Subway Fred César-prys vir beste akteur; as Christophe Lambert 1986 Highlander Connor MacLeod / Russell Nash I Love You Michel As Christophe Lambert 1987 The Sicilian Salvatore Giuliano 1988 Love Dream Menrou To Kill a Priest Vader Alek 1990 Why Me? Gus Cardinale 1991 Highlander II: The Quickening Connor MacLeod 1992 Knight Moves Peter Sanderson 1992 Highlander: The Series Connor MacLeod TV (een episode) 1992 Max & Jeremie Jeremie Kolachowsky As Christophe Lambert 1992 Gunmen Dani Servigo 1993 Fortress John Henry Brennick 1994 Roadflower Jack 1994 Highlander III: The Sorcerer Connor MacLeod / Russell Nash 1995 The Hunted Paul Racine 1995 Mortal Kombat Lord Raiden 1996 North Star Hudson Saanteek As Christophe Lambert 1996 Adrenalin: Fear the Rush Lemieux 1996 Hercule et Sherlock Vincent As Christophe Lambert 1997 Nirvana Jimi Dini 1997 Arlette Frank Martin As Christophe Lambert 1997 Mean Guns Lou 1999 Operation Splitsville Max 1999 Resurrection John Prudhomme 1999 Beowulf Beowulf 1999 Gideon Gideon Oliver Dobbs 2000 Fortress 2: Re-Entry John Henry Brennick 2000 Highlander: Endgame Connor MacLeod 2001 Aparté Kortprent 2001 Vercingétorix Vercingetorix As Christophe Lambert 2001 The Point Men Tony Eckhardt 2002 The Piano Player Alex Laney 2003 Absolon Speurder Norman Scot 2003 Janis and John Léon 2004 Á ton image Thomas 2005 Dalida Richard Chanfray TV-minireeks 2006 Day of Wrath Ruy de Mendoza 2006 Southland Tales Walter Mung 2006 Le Lièvre de Vatanen Tom Vatanen As Christophe Lambert 2007 Metamorphosis Constantine Thurzo 2007 Trivial Jacques As Christophe Lambert 2008 The Chauffeur Devereaux 2008 Cartagena Cine Nomine Thelma Films, Arte France Cinéma 2009 White Material Andre Vial As Christophe Lambert 2009 Les Associés Philippe Kaminski TV-prent; ss Christophe Lambert 2009 Homme De Chevet Leo As Christophe Lambert 2010 The Secret of the Whales Chris Cassell TV-prent 2012 Ghost Rider: Spirit of Vengeance Methodius 2012 Dark Star Hollow 2012 Blood Shot Die president 2012 The Foreigner Vincent 2012–2013 NCIS: LA Chameleon / DeGramont TV-reeks (5 episodes)3.15: Crimeleon3.23: Sans Voir (Part I)3.24: Sans Voir (Part II)4.01: Endgame4.24: Descent

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Amerikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1957 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Franse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Franse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu