Die witvlerksterretjie (Chlidonias leucopterus) is 'n redelike algemene somertrekvoël uit Sentraal-Asië en kom by watermassas, mere en vleie voor. Die voël pik kos van die watervlak af terwyl hy vlieg en vang ook insekte in die lug. Die voël is 20 – 22 cm lank, 45 - 80 g groot met 'n vlerkspan van 65 cm. In Engels staan die voël bekend as die white-winged tern.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Sterretjies