Die roetsterretjie (Onychoprion fuscatus, vroeër Sterna fuscataBridge et al. (2005)) is 'n algemene voël. Dis 'n somerbesoeker aan die kus langs Mosambiek en Noord-KwaZulu-Natal uit tropiese Indiese Oseaan-kolonies. Hulle woon meestal ver van vastelande en broei op eilande in die ewenaargordel.

Die voël is 40 tot 44 cm lank, weeg 160 tot 220 g en het 'n vlerkspan van 90 cm. In Engels staan dit bekend as die sooty tern.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Sterretjies