duimnael|220px|Die Standaardmodel van elementêre deeltjies.
’n Gaugino (van die Engelse woord gauge – "yk") is in deeltjiefisika die hipotetiese s-deeltjie van ’n ykveld, soos voorspel deur die ykteorie tesame met die teorie van supersimmetrie. Hulle is fermione.
In die minimale supersimmetriese uitbreiding van die Standaardmodel bestaan die volgende gaugino's: Die gluino (die s-deeltjie van die gluon, dus met ’n kleurlading). Die gravitino (die s-deeltjie van die graviton). Die wino en zino (die s-deeltjie van die W- en Z-bosone van die SU(2)L-ykvelde). Die bino (die s-deeltjie van die U(1)-ykveld).
Sien ook Standaardmodel Lys van deeltjies
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Hipotetiese elementêre deeltjies