duimnael|links|Ligging van die Melville-eiland duimnael|links|Kaart van die Melville-eiland Melville-eiland (Engels: Melville Island), die wêreld se 33ste grootste eiland en die agste grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 42 149 km². Melville-eiland behoort tot die Koningin-Elizabeth-eilande, 'n subgroep van die Kanadese Arktiese Argipel, met Banks-eiland in die suidweste, Victoria-eiland in die suide, Prins van Wallis-eiland in die suidooste, Bathurst-eiland in die ooste, Ellef-Ringnes-eiland in die noordooste en Prins-Patrick-eiland in die noordweste. Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebiede Nunavut en die Noordwestelike gebiede. Die eiland is onbewoon en genoem na Robert Dundas, die tweede Burggraaf van Melville.
Eksterne skakels
Kategorie:Koningin-Elizabeth-eilande Kategorie:Noordwestelike gebiede Kategorie:Nunavut Kategorie:Onbewoonde eilande