duimnael|links|Ligging van die Prins van Wallis-eiland duimnael|links|Kaart van die Prins van Wallis-eiland Prins van Wallis-eiland (Engels: Prince of Wales Island), die wêreld se 40ste grootste eiland en die tiende grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 33 339 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Prins van Wallis-eiland behoort tot die Kanadese Arktiese Argipel, met Koning-William-eiland in die suide, Victoria-eiland in die suidweste, Melville-eiland in die noordweste, Bathurst-eiland in die noorde, Cornwallis-eiland in die noordooste, Somerset-eiland in die ooste en Boothia-skiereiland in die suidooste. Die eiland is genoem na die Prins van Wallis, die titel van die troonopvolger en oudste seun van die monarg van die Verenigde Koninkryk.
Eksterne skakels
Kategorie:Kanadese Arktiese Argipel Kategorie:Nunavut Kategorie:Onbewoonde eilande