Die Bismarckargipel (Engels: Bismarck Archipelago) is 'n groep eilande aan die noordoostelike kus van Nieu-Guinee in die westelike Stille Oseaan net suid van die ewenaar. Hierdie eilande behoort aan die eilandnasie Papoea-Nieu-Guinee. Suidoos is Bougainville geleë, wat geografies maar nie polities nie, tot die Salomonseilande behoort. Tussen 1884 en 1914 het hierdie eilande aan Duits-Nieu-Guinee behoort. Die naam van die argipel is van die Duitse kanselier Otto von Bismarck ontleen. Tussen die Bismarckargipel in die ooste en Nieu-Guinee in die weste is die Bismarcksee geleë, suidoos van Nieu-Brittanje sluit die Salomonssee aan.

Die belangrikste eilande en eilandgroepe in die argipel is: Nieu-Brittanje Nieu-Ierland Lavongai die Sint-Matthiasgroep die Admiraliteitseilande (met Manus as belangrikste eiland) die Ninigo-eilande

Geografie 80px 75px Provinsie Oos-Nieu-Brittanje 15 320 km² Nieu-Brittanje (tussen 1885 en 1918: Neupommern), hoofeiland Duke of Yorkeilande (tussen 1885 en 1918: Neu-Lauenburg) 80px 75px Provinsie Manus 2 102 km² Manus, hoofeiland Admiraliteitseilande met Baluaneiland, Purdyeilande, Rambutyo Streek Westelike Eilande: onder ander Eremite-eilande, Wuvulu 80px 75px Provinsie Nieu-Ierland 9 600 km² Nieu-Ierland (tussen 1885 en 1918: Neumecklenburg), hoofeiland Lavongai (vroeër ook Neu-Hannover) Feni-eilande Lihireilande Sint Matthiaseilande Tabareilande Tangaeilande 80px 75px Provinsie Wes-Nieu-Brittanje 20 487 km² Vitu-eilande

Eksterne skakels

Kategorie:Argipels Kategorie:Eilande van Papoea-Nieu-Guinee