duimnael|links|Ligging van die Somerset-eiland Somerset-eiland (Engels: Somerset Island), die wêreld se 46ste grootste eiland en die twaalfde grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 24 786 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Somerset-eiland behoort tot die Kanadese Arktiese Argipel, met Prins van Wallis-eiland in die weste, Cornwallis-eiland in die noordweste, Devon-eiland in die noordooste, Baffin-eiland in die ooste en Boothia-skiereiland in die suide. Die eiland is genoem na die seremoniële graafskap Somerset in die suidweste van Engeland.

Eksterne skakels

Kategorie:Kanadese Arktiese Argipel Kategorie:Nunavut Kategorie:Onbewoonde eilande