SABC3 is een van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) se TV-kanale. Die kanaal staan slegs onder die amptelike Engelse naam bekend.

Die kanaal is in 1996 na 'n herstrukturering van die SAUK se kanale geskep. Hulle saai internasionale programme vanuit die VSA en VK, asook plaaslikvervaardigde programme uit. Die teikenmark is welgestelde Engelssprekende Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 18 en 49 jaar.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

Kategorie:Afrikaanse televisiekanale Kategorie:Suid-Afrikaanse televisiekanale