duimnael|links|'n Comair Douglas DC-3 in 1973 by Skukuza-lughawe.
Comair was 'n Suid-Afrikaanse lugredery sedert 1943 tot 9 Junie 2022. Die lugredery het geskeduleerde dienste bedryf op plaaslike lugroetes as 'n konsessiehouer van British Airways en 'n geaffilieerde lid van die Oneworld-alliansie. Hulle het hoofsaaklik vanaf die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg opereer en gefokus op roetes na die Kaapstad Internasionale Lughawe en Koning Shaka Internasionale Lughawe. Hulle hoofkwartier is naby O.R. Tambo in die Bonaero Park-gebied van Kemptonpark in Gauteng geleë.
Comair se vloot het (histories) uit die volgende vliegtuie bestaan:
Boeing 737-400 - 5 Boeing 737-800 - 14 Boeing 737-Max-8 - 1 https://www.planespotters.net/airline/Comair Mei 2020
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webtuiste
Kategorie:Suid-Afrikaanse lugrederye Kategorie:Kemptonpark