Die veselperske (Mangifera indica) is 'n subtropiese boom wat peervormige vrugte met veselagtige vlees dra. Die vrugte staan as veselperskes of mango's bekend. Ryp veselperskes is soet in smaak, maar hulle is bitter-suur as hulle nog groen is.
Veselperskes is naas piesangs die belangrikste tropiese vrug vir kommersiële verbouing. Dit kom bykans dwarsoor die wêreld voor, maar daar word geglo dat hulle vanaf die suidelike en suidoostelike dele van Asië afkomstig is, insluitende Indië, Pakistan, Mianmar, Sri Lanka en Bangladesj. Pakistan en Indië is die grootste uitvoermarkte. Die vrug is ook die lande se nasionale vrug.
Top mango- en koejawel-produserende lande (2011) LandMetrieke ton15,188,0004,350,0002,600,0002,131,0001,888,5001,827,300 1,190,000889,176850,000800,551 Res van die Wêreld 7,238,639Wêreldtotaal38,953,166(Data getoon vir 2011) Bron: FAOSTAT
duimnael|centre|500px|Dekoratiewe patroonsnit, heel en een kant gesny.
Fotogalery
Sien ook Lys van uitheemse bome wat in Suid-Afrika voorkom
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Medisinale plante Kategorie:Tropiese vrugte Kategorie:Flora van Indië Kategorie:Flora van Mianmar Kategorie:Flora van Thailand Kategorie:Flora van die Volksrepubliek China