Abdullah Gül (geb. 29 Oktober 1950) het vanaf 28 Augustus 2007 tot 28 Augustus 2014 die amp as elfde president van Turkye beklee en is opgevolg deur die vorige premier, Recep Tayyip Erdoğan. Hy was voorheen vier maande lank die eerste minister (2002 tot 2003) en daarna die minister van buitelandse sake (2003 tot 2007).
Die eerste minister, Recep Tayyip Erdoğan, se benoeming van Gül as ’n presidensiële kandidaat het groot teenstand ontlok van ondersteuners van sekularisme in Turkye. In Mei 2007 is Gül se eerste poging om president te word in die wiele gery deur die wetgewende hofErcan Yavuz (31 Julie 2008) "Evidence indicates Ergenekon tried to block presidential election" Zaman. URL besoek op 9 Februarie 2009. weens kommer oor sienings wat hy voorheen gelug het.
Nadat Erdoğan se Regs- en Ontwikkelingsparty in 2007 weer die verkiesings gewen het, is Gül eindelik op 28 Augustus van dié jaar tot president verkies. Hy is die eerste openlik Islamgesinde president in die moderne geskiedenis van Turkye.Turks elect ex-Islamist president BBC (28 Augustus 2007). URL besoeki op 9 Februarie 2009.Gul sworn in as Turkey's first former Islamist president Daily Mail (29 Augustus 2007). URL besoek op 9 Februarie 2009.
Verwysings
Eksterne skakels President van Turkye
Kategorie:Presidente van Turkye Kategorie:Eerste Ministers van Turkye Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Lewende mense