Wat Jy Saai is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1979 vrygestel is. Dit is 'n verhaal van 'n jong dokter, sy vriendin (wie se broer 'n jeugmisdadiger is) en die venynige vooroordeel van die inwoners van die dorpie waar hulle woon.

Genre Die rolprent is 'n drama. Dit het 'n ouderdomsperk van 13 OL (ouerleiding).

Hoofrolspelers Regardt van den Bergh as dr. Fritz Krynauw Janet du Plessis as Dina MacDonald Cornelis Esterhuyse as Herman MacDonald Willie Esterhuizen as Christiaan MacDonald Flip Theron as Polisie-sersant Johan Bernard as Hannes Vermeulen Bill Flynn as Bobby Griesel Hetty van Oord as Mimi Coetzee Elize Cawood as mej. Van Dyk James Borthwick as minister Barry Trengove as prokureur Lourens Swanepoel as advokaat Denis Smith as regter Wilson Dunster as staatsaanklaer

Storielyn Na sy ontsnapping uit die gevangenis ontdek Christiaan McDonald dat Dina nie werklik sy suster is nie en rand haar seksueel aan. Dr. Frits Krynau wat intussen op Dina verlief raak, help haar met 'n vrugafdrywing. Skinderstories deur die dorp ontbloot hulle misdaad. Tydens die hofsaak kom alles op die lappe en alhoewel Frits van die mediese rol geskrap word, seëvier hulle liefde.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente