Hassan Rohani (Persies: حسن روحانی, Ḥasan Rūḥānī; geboortenaam: Hassan Feridon; * 13 November 1948 in Sorkheh, provinsie Semnan) is 'n Iranse politikus en Sjiïtiese regsgeleerde (moedjtahid) met die godsdienstige titel Hodjatoleslam wat tans die amp van president beklee. Binne die spektrum van Iranse politiek word Rohani dikwels as gematig bestempel.
In die Iranse presidentsverkiesing op 14 Junie 2013 is hy met meer as 50 persent van die uitgebragte stemme as opvolger van Mahmoud Ahmadinejad en sewende president van die Islamitiese Republiek van Iran verkies. Rohani het sy amp op 4 Augustus 2013 oorgeneem.
In die presidensiële verkiesing van 19 Mei 2017 is Rohani met 'n algehele meerderheid van 57 persent van die uitgebragte stemme vir 'n tweede ampstermyn herverkies.The Guardian, 20 Mei 2017: Iran: Hassan Rouhani wins landslide in huge victory for reformists. Besoek op 20 Mei 2017
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Presidente van Iran Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Lewende mense