Mangifera is die botaniese naam van 'n genus van bome uit Asië. Die genus omvat ongeveer 69 spesies, waarvan die bekendste die veselperske (Mangifera indica) is. Die sentrum van diversiteit is in die subtropiese en tropiese suidoostelike dele van Asië. Die grootste aantal spesies kom in die Maleise skiereiland, Borneo en Sumatra voor. Hulle is oor die algemeen blaardak-bome in laagliggende reënwoude en bereik 'n hoogte van 30-40 meter.

Enkele spesies Mangifera altissima Mangifera caesia Mangifera camptosperma Mangifera casturi Mangifera domestica Mangifera foetida Mangifera indica - veselperske Mangifera kemanga Mangifera longipes Mangifera magnifica Mangifera macrocarpa Mangifera odorata Mangifera oppositifolia Mangifera pajang Mangifera pentandra Mangifera persiciformis Mangifera pinnata Mangifera siamensis

Verwysings

Kategorie:Uitheemse bome in Suid-Afrika