Die Gryspylstormvoël (Procellaria cinerea) is 'n stormvoël wat baie seldsaam is aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 48 – 50 cm groot en weeg 950 - 1 200 g met 'n vlerkspan van 115 - 130 sentimeter. Die voël is silwergrys met 'n wit borskant en donkerder ondervlerke. Die snawel is gelerig. In Engels staan die voël bekend as Grey petrel.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Stormvoëls