Die Brilbassiaan (Procellaria conspicillata) is 'n stormvoël wat redelik seldsaam is aan die kus van Suid-Afrika en verskyn slegs gedurende die somer. Die voël is 50 – 56 cm groot en weeg 1 - 1.3 kg met 'n vlerkspan van 132 - 146 sentimeter. Die voël lyk baie soos die Bassiaan. In Engels staan die voël bekend as Spectacled petrel.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Stormvoëls