Die Kleinpikkewyn (Eudyptula minor) is 'n seevoël wat redelik seldsaam is aan die kus van Suid-Afrika. Die voël word 40 – 45 cm groot en weeg 0,8 - 1,6 kg. Die pikkewyn is klein en lyk soos 'n pas-uit-die-nes-brilpikkewyn. In Engels staan die voël bekend as Little penguin. Dit is slegs een keer in Suid-Afrika aangeteken. Die pikkewyn is inheems aan Australië en Nieu-Seeland.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Pikkewyne