Die Swartvlerkkoningalbatros (Diomedea sanfordi) is 'n voël wat die Suid-Afrikaanse kus selde besoek. Die voël is 107 – 122 cm groot, weeg 6 – 8 kg en het 'n vlerkspan van 2.7 - 3.4 meter. Hulle broei op eilande aan die kus van Nieu-Seeland. In Engels staan die voël bekend as die Northern royal albatros.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Albatrosse