Die Grootalbatrosse is 'n genus van voëls wat hoort tot die familie Diomedeidae. Die genus het pienk snawels en grotendeels wit ondervlerke op alle ouderdomme. Dit neem die Grootalbatrosse lank om hulle kleintjies groot te maak; hulle slaan soms, na 'n suksesvolle broeipoging, 'n jaar oor.
Spesies Spesies wat hoort tot die genus is: Diomedea dabbenena - Tristangrootalbatros Diomedea epomophora - Koningalbatros (of Witvlerkkoningalbatros) Diomedea exulans - Grootalbatros (of Grootmalmok) Diomedea sanfordi - Swartvlerkkoningalbatros
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Albatrosse