Die Reusenellie (Macronectes giganteus) is 'n stormvoël wat voorkom aan die weskus en suidkus van Suid-Afrika. Die voël is 86 – 100 cm groot en weeg 2,5 - 5,8 kg met 'n vlerkspan van 1,8 - 2,0 meter. Die spesie is amper-bedreig, daar is slegs 30 000 pare wat broei op subantarktiese eilande. In Engels staan die voël bekend as Southern giant petrel.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe 2011.

Kategorie:Stormvoëls