Die Nellies (Macronectes) is 'n genus van voëls wat hoort tot die familei Procellariidae. Die genus is die grootste stormvoëls; hulle is groot, logge voëls met enorme, ligkleurige snawels. Hierdie genus is die enigste van die stormvoëls met ouderdomverwante verekleedverskille. Al die slagvere word jaarliks vervang.

Spesies Spesies wat voorkom in Suider-Afrika is: Grootnellie - (Macronectes halli) Reusenellie - (Macronectes giganteus)

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Stormvoëls