Die Tristangrootalbatros (Diomedea dabbenena) is 'n voël wat soms aan die weskus van Suid-Afrika opgemerk word. Die voël is 100 – 110 cm groot, weeg 6 – 7 kg en het 'n vlerkspan van 2,5 - 3,2 meter. Die voël se status is kritiek bedreig; die bevolking word op minder as 20 000 gereken. In Engels staan die voël bekend as die Tristan albatros.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Albatrosse