Die Workers and Socialist Party (WASP) is 'n nuwe Suid-Afrikaanse politieke party wat op 18 Desember 2012 gestig is deur die Democratic Socialist Movement (DSM) en 'n groep mynwerkers.Workers and Socialist Party founded by DSM and mineworkers, Politicsweb, 6 April 2013 Die party se amptelike bekendstelling was op 21 Maart 2013, op Menseregtedag, ook die herdenkingsdag van die Sharpeville-slagting van 1960.WASP launch a huge success , Workers and Socialist Party, 6 April 2013

Die stigting van WASP was 'n reaksie op die aandeel van die DSM- en mynwerker-stakingkomitees tot die nasleep van die Marikana-slagting. In April 2013 het die party aansoek gedoen vir registrasie by die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika, en was die plan om aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 deel te neem.Wasp: Party with a sting in its tail is going mainstream, Mail & Guardian Online, 6 April 2013 WASP is georganiseer as 'n "sambreel"-federasie, wat uit sosiale bewegings bestaan wat hul onafhanklike identiteit binne die breër partystrukture behou. Die DSM is nou ook 'n deel van WASP.Marikana a political watershed, claims Workers and Socialist Party (WASP) at launch , South African Labour News, 6 April 2013

Sien ook Lys van politieke partye in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika