Joe Pietersen (*18 Mei 1984, Vryheid) is ’n rugbyspeler wat vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker en die Cheetahs in Superrugby gespeel het.
Pietersen het sy loopbaan by die Westelike Provinsie begin waar hy die span in die Vodacom- en Curriebekers gespeel het en later ook vir die Stormers in die Superrugbykompetisie. In 2010 het hy vir ’n jaar vir Bayonne in Frankryk gespeel en aan die einde van 2011 na die Westelike Provinsie teruggekeer vir twee jaar.
Na ’n tweede termyn in Frankryk, hierdie keer by Biarritz, het hy na Suid-Afrika teruggekeer en aan die einde van 2014 by die Vrystaat aangesluit. Hy het egter na slegs ses maande Durban toe verhuis om vir die Natalse Haaie te speel.
Verwysings
Eksterne skakels Joe Pietersen op itsrugby.co.uk Stormers profiel SA rugby profiel
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Stormers rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers