Die Zabalaza Anargistiese Kommunistiese Front (ZAKF, ook bekend as ZabFront of net as Zabalaza) is ‘n Suid-Afrikaanse anargistiese politieke organisasie, meestal gebaseer in Johannesburg. Dit is gestig op 1 Mei 2003 as die Zabalaza Anargistiese Kommunistiese Federasie (ZabFed). Die woord “zabalaza” beteken “stryd” in Zoeloe en Xhosa.What is the ZACF, Zabalaza.net, 7 April 2013 Dit is die mees onlangse in 'n kort reël van anargistiese organisasies in Suid-Afrika wat terug strek na die vroeë 1990's.Anarchism in South Africa , Struggle Archives, 7 April 2013 Die ZAKF is geaffilieer met die Democratic Left Front (DLF), maar dit is nie 'n onkritiese lid nie, en dit het bande met ander anargistiese organisasies internasionaal deur die Anarkismo-netwerk.The Anarkismo Network, Zabalaza.net, 7 April 2013 Dit werk saam met twee ander organisasies, naamlik die Tokologo Anargistiese Kollektief en die Inkululeko Wits Anargistiese Kollektief.ANC wys sy ware kleure! Werkers Vermoor!, Zabalaza.net, 7 April 2013

Verwysings

Eksterne Skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika Kategorie:Anargisme