Generaal Sani Abacha (20 September 1943 - 8 Junie 1998) was 'n Nigeriese militaris en politikus. Hy was van 1993 tot 1998 die president en diktator van Nigerië. Sy bewind was een van die mees omstrede in die geskiedenis van Nigerië. Hoewel die land se ekonomie dramaties gegroei het is dit deur wydverspreide menseregteskendings gekenmerk.
Kategorie:Presidente van Nigerië Kategorie:Diktators Kategorie:Geboortes in 1943 Kategorie:Sterftes in 1998