duimnael|regs|240px|Phil Ramone

Philip "Phil" Ramone (* 5 Januarie 1934; † 30 Maart 2013) was 'n Suid-Afrikaans-gebore Amerikaanse klankingenieur, musiekvervaardiger, violis en komponis en in 1958 'n medestigter van A & R Recording, Inc., 'n New York-gebaseerde klankateljee wat danksy sy groot sukses tot 'n plaatmaatskappy met 'n hele reeks ateljees gegroei het.

Phil Ramone is deur die musiektydskrif Billboard as een van die "legendariese" persoonlikhede in die musiekbedryf beskryf.Mike Barnes: Legendary Producer Phil Ramone Dies at Age 79. In: Billboard, 30 Maart 2013 As een van die suksesvolste musiekvervaardigers ooit het hy 14 Grammy-toekennings gewen en met internasionaal bekende sterre soos Ray Charles, Bob Dylan, Elton John, Frank Sinatra, Barbra Streisand en Paul McCartney saamgewerk. Die Britse uitsaaikorporasie BBC het hom as 'n "baanbreker vir die kompakskyf" gehuldig – die eerste belangrike kommersiële kompakskyf-album, Billy Joel se 52nd Street, is in 1982 deur Ramone vervaardig.BBC: US music producer and CD pioneer Phil Ramone dies, 30 Maart 2013

Verwysings

Kategorie:Klankingenieurs Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Sterftes in 2013