Muhammadu Buhari (17 Desember 1942 – 13 Julie 2025) was 'n leier van Nigerië se CPC (Congress for Progressive Change). Hy het twee keer as President van Nigerië gedien: van 1983 tot 1985 en weer van 2015 tot 2023. Buhari was 'n Generaal-majoor van die Nigeriese weermag wat tussen 1983 en 1985 ná 'n militêre staatsgreep van 1983 tot 1985 as staatshoof van Nigerië gedien het. Die term Buharisme word toegeskryf aan die militêre regering onder Buhari.
duimnael|links|Muhammadu Buhari (regs) neem die presidentsamp van Goodluck Jonathan (links) oor Buhari het onsuksesvol vir die presidentsamp in die verkiesings van 2003, 2007 en 2011 gestaan. In Desember 2014 is hy benoem as die All Progressives Congress se presidentskandidaat vir die verkiesings in Maart 2015. Buhari het die algemene verkiesing in 2015 gewen en sy voorganger Goodluck Jonathan verslaan. Buhari was 'n boorling van Daura in Katsina; hy was van Fulani-etniese agtergrond.
Buhari het verklaar dat hy vir alles verantwoordelik is wat tydens sy militêre bewind gebeur het en gesê dat hy nie die verlede kan verander nie. Hy het homself ook as 'n "bekeerde demokraat" beskryf.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Presidente van Nigerië Kategorie:Geboortes in 1942 Kategorie:Sterftes in 2025