Patrice Tlhopane Motsepe (gebore op 28 Januarie 1962) is 'n Suid-Afrikaanse sakeman en mynmagnaat. Hy is die stigter en uitvoerende voorsitter van African Rainbow Minerals, 'n groot mynkorporasie. Hy is ook 'n uitvoerende beampte van ander mynmaatskappye in Suid-Afrika.
In 2013 kondig hy aan dat hy "The Giving Pledge" onderteken het, en soos Warren Buffett en Bill Gates die helfte van sy rykdom aan liefdadigheid sal skenk.
Hy besit die sokkerklub Mamelodi Sundowns en sedert 12 Maart 2021 dien hy as president van CAF, die Konfederasie van Afrikasokker.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1962 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs