Giscard Pieters (* 25 Julie 1978) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Griffons, Pumas, Blou Bulle, Goue Leeus en Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse gespeel het en vir die Bulls en die Cheetahs in die Superrugbykompetisie.
In 2004 vertrek Pieters na Engeland waar hy vir die Worcester Warriors in 2004-’05 en die Rotherham Titans in 2005-’06 uitdraf.
In 2009 het Pieters hom tot afrigting gewend en teen 2020 is hy steeds betrokke by die Hoërskool Stellenberg se rugbyspanne.
Eksterne skakels
Giscard Pieters by itsrugby.co.uk
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1978