duimnael|250px|Elande by 'n suipplek.

Tussen-die-Riviere is 'n wildreservaat wat ingewig lê tussen die Oranjerivier en die Caledonrivier in die Suid-Vrystaat van Suid-Afrika. Die reservaat is 10 km oos van die dorp Bethulie, wes van Smithfield en Aliwal-Noord, 22 000 hektaar groot en die ingangshek is by .

Dit is 'n maklik-bereikbare reservaat in 'n malaria-vrye gebied. Die reservaat verskaf nege grasbedekte self-sorg chalets vir toeriste wat tussen lae koppies geleë is, en vyf oornaghutte vir jagekspedisies.

Die reservaat beskik oor 'n groot verskeidenheid vrylopende wildsoorte:

Duikers, steenbokke, rooihartbeeste, elande,

Die reservaat beskik oor 120 km se grondpaaie as wildkykroetes en besoekers kom meestal vanaf omliggende streke, asook Colesberg en Bloemfontein.

Eksterne skakels Die Tussen-die-Riviere-wildreservaat

Kategorie:Bewaringsgebiede in Suid-Afrika Kategorie:Natuurreservate in Vrystaat