Ollie le Roux (* 5 Mei 1973, Fort Beaufort)Ollie Le Roux player profile ESPN Scrum.com is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en oud-Springbok. Hy het die Natalse Haaie en Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse verteenwoordig en ook vir die Sharks, Cats en Cheetahs in die Superrugbykompetisie uitgedraf. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 1999.
Toe hy op skool was het Le Roux provinsiale kleure gekry in rugby, waterpolo en muurbal. Hy het in 1991 gematrikuleer en vir die eerste keer in 1994 vir die Springbokke gespeel en het in totaal in 54 toetse uitgedraf. Hy is die jongste stut wat nóg vir die Springbokke gespeel het en hy is ook die Springbok wat die meeste wedstryde as reserwe begin het (43). Le Roux het op uitnodiging vir die Barbarians gespeel en in 2008 vir Leinster in die Heinekenbeker en die Magners-liga.
In 2011 het Le Roux hom as skrumkonsultant by die Griekwas aangesluit vir drie jaar. In 2012 het hy aan die Ysterman-kompetisie in Port Elizabeth deelgeneem en dit in 16 uur en 30 minute voltooi.
Buiten konsultasiewerk is Le Roux sedert sy uittrede ’n hoenderboer buite Bloemfontein met sy vrou Mariska en hul vier dogters Mia, Chloe, Donna en Lisa.
Verwysings
Eksterne skakels
Leinster profiel Profiel by ESPNscrum.com
Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Cats rugbyspelers Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1973 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Lions rugbyspelers