Tiaan Liebenberg (* 18 Desember 1981, Kimberley) is ’n Suid-Afrikaanse Springbokrugbyspeler. Hy het die Griekwas in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse verteenwoordig en speel tans vir die Westelike Provinsie. Hy het ook vir die Cheetahs en Stormers in die Superrugbykompetisie uitgedraf.
Liebenberg het sy internasionale debuut in 2007 gemaak toe hy vir die Springbokke teen die Barbarians in Londen gespeel het. Sy eerste toets was egter eers as plaasvervanger op 8 September 2012 toe die Springbokke teen Australië in Perth gespeel het.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Stormers rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners