duimnael|Vlag van die Organisasie van Islamitiese Samewerking sedert 2011 duimnael|Vlag van die Organisasie van Islamitiese Samewerking tot 2011 duimnael|Hoofkantoor van die Organisasie van Islamitiese Samewerking in Djedda, Saoedi-Arabië
Die Organisasie van Islamitiese Samewerking (Arabies: منظمة التعاون الإسلامي, Munaẓẓamat at-Taʿāwun al-islāmī; Engels: Organisation of Islamic Cooperation, OIC; Frans: Organisation de la coopération islamique, OCI) is 'n internasionale organisasie wat uit 57 lande bestaan. Die organisasie poog om die kollektiewe stem van die Moslem-wêreld te verteenwoordig. Hulle doel is om die belange, vooruitgang en welsyn van Moslems te beskerm.
Die OIC handhaaf 'n permanente afvaardiging by die Verenigde Nasies en is die grootste internasionale organisasie buite die VN. Die amptelike tale van die OIC is Arabies, Engels en Frans. Die gesamentlike bevolking van die OIC word op ongeveer 1,6 miljard mense geskat. Die hoofkantoor van die OIS is in Djedda, Saoedi-Arabië, geleë.
Die OIS is op 25 September 1969 gestig en het aanvanklik 25 lede gehad. Hulle het hul naam op 28 Junie 2011 van Organisasie van Islamitiese Konferensie na die huidige naam verander. OIC verander hul naam en embleem , Pakistan Observer
Lidlande duimnael|400px|Lidlande van die OIS:
Waarnemende lande (sedert 1994) (sedert 1997) (sedert 1998) (sedert 1979 as Moslem-Gemeenskap van Siprus, sedert 2004 as Turks-Sipriese Staat) (sedert 2005)
Opgeskorte lande ((1979–1984)) (sedert 2012)
Geblokkeerde lande
Nielede
Sekretaris-generaal duimnael|upright|Yousef Al-Othaimeen is die huidige Sekretaris-generaal van die Organisasie van Islamitiese Samewerking
Sekretarisse-generaal van die OIS sedert 1970: rulers.org: Organization of Islamic Cooperation No. Naam Nasionaliteit Van Tot 1 Tunku Abdul Rahman 1970 1974 2 Hassan Tuhami 1974 1975 3 Amadou Karim Gaye 1975 1979 4 Habib Chatty 1979 1984 5 Syed Sharifuddin Pirzada 1984 1988 6 Hamid Algabid 1988 1996 7 Azzeddine Laraki 1996 2000 8 Abdelouahed Belkeziz 2000 2004 9 Ekmeleddin İhsanoğlu 2004 2014 10 Iyad bin Amin Madani 2014 2016 11 Yousef Al-Othaimeen 2016 hede
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Lidlande van die OIS Waarnemende lande van die OIS
Kategorie:Internasionale organisasies