Die Vodacombeker was ’n rugbykompetisie wat van 1998 tot 2015 elke jaar tussen Februarie en Mei in Suid-Afrika gespeel is. Die kompetisie was die derde mees prestigeryke rugbykompetisie in Suid-Afrika, naas Superrugby en die Curriebeker. Dit het oorvleuel met die Superrugbyreeks en geleentheid gebied vir jonger en minder ervare spelers om te ontwikkel. Dit kompetisie is sedert 1998 elke jaar deur Vodacom geborg. Dit is in 2017 deur die Rugby-uitdaagreeks vervang.
Die kompetisie was oop vir die veertien Suid-Afrikaanse rugbyunies, maar spanne van buite Suid-Afrika is ook uitgenooi om deel te neem. Die Welwitschias van Namibië het tussen 1999 en 2001 asook in 2010 en 2011 deelgeneem. Die Pampas XV van Argentinië het vanaf 2010 deelgeneem. Limpopo, wat normaalweg deel van die Blou Bulle vorm, het ook in 2013 as ’n afsonderlike span deelgeneem.
Spanne Die volgende spanne het sedert die aanvang daarvan aan die Vodacombeker deelgeneem: Vodacombeker-spanne Span Eerste seisoen Aantal seisoene Ander name Blou Bulle 1998–2015 18 Boland Kavaliers 1998–2015 18 Boland Grens Bulldogs 1998–2015 18 Grens OP Kings 1998–2015 18 Magtige Olifante Valke 1998–2015 18 Vrystaat XV 1998–2015 18 Vrystaat Cheetahs Goue Leeus 1998–2015 18 Griffons 1998–2015 18 Noord-Vrystaat Griekwas 1998–2015 18 Griekwaland-Wes Luiperds 1998–2015 18 Noordwes Limpopo 2013–2015 3 Limpopo Blou Bulle Pampas XV 2010–2013 4 Pumas 1998–2015 18 Mpumalanga Pumas Haaie XV 1998–2015 18 Natal Wildebeeste Simba XV 2014 1 SWD Arende 1998–2015 18 Welwitschias 1999–2001, 2010–2011, 2015–2015 6 Namibië Koedoes Westelike Provinsie 1998–2015 18
Eindstryde Die Vodacombeker se eindstryde het as volg verloop: Seisoen Wenner Telling Tweede plek 1998 Griekwas 57–0 Goue Leeus 1999 Goue Leeus 73–7 Griekwas 2000 Vrystaat Cheetahs 44–24 Griekwas 2001 Blou Bulle 42–24 Boland Kavaliers 2002 Goue Leeus 54–38 Blou Bulle 2003 Goue Leeus 26–17 Blou Bulle 2004 Goue Leeus 35–16 Blou Bulle 2005 Griekwas 27–25 Luiperds 2006 SWD Arende 25–17 Natal Wildebeeste 2007 Griekwas 33–29 Blou Bulle 2008 Blou Bulle 25–21 Vrystaat Cheetahs 2009 Griekwas 28–19 Blou Bulle 2010 Blou Bulle 31–29 Vrystaat Cheetahs 2011 Pampas XV 14–9 Blou Bulle 2012 Westelike Provinsie 20–18 Griekwas 2013 Goue Leeus 42–28 Pumas 2014 Griekwas 30–6 Goue Leeus 2015 Pumas 24–7 Westelike Provinsie
Algehele statistieke Span Kere gewen Tweede Halfeindstryd Kwarteindstryd Seisoene gewen 1 Griekwas 5 3 3 3 1998, 2005, 2007, 2009, 2014 2 Goue Leeus 5 2 1 6 1999, 2002, 2003, 2004, 2013 3 Blou Bulle 3 6 4 2 2001, 2008, 2010 4 Vrystaat Cheetahs 1 2 3 5 2000 5 Westelike Provinsie 1 1 3 5 2012 6 Pumas 1 1 3 1 2015 7 Valke 1 0 3 0 2006 8 Pampas XV 1 0 0 2 2011 9 Natalse Haaie 0 1 5 4 10 Boland Kavaliers 0 1 4 3 11 Luiperds 0 1 3 3 12 SWD Arende 0 0 1 3 Oostelike Provinsie 0 0 1 3 14 Grens Bulldogs 0 0 0 0 Griffons 0 0 0 0 Limpopo 0 0 0 0 Welwitschias 0 0 0 0
Rekords Die Goue Leeus het op 27 April 2013 ’n rekordsege teenoor die Limpopo Blou Bulle behaal toe hulle die span met 161–3 geklop het by die Alberton Rugbyklub in Alberton. Die oorwinning is ’n rekord in Suid-Afrikaanse eersterangrugby. Dit oortref die Pumas se vorige Vodacombekerrekord van 154–0 ook teen die Limpopo Blou Bulle. Die 25 drieë wat die Goue Leeus gedruk het is ook ’n Vodacombekerrekord. Daarmee saam het Anthony Volminck ’n rekord nege drieë vir die Goue Leeus gedruk en daarmee Naas Olivier se vorige rekord van 42 punte in ’n wedstryd na 45 verbeter.
Vodacomskild Van 2001 tot 2004 het die spanne wat nie in die boonste 4 plekke geëindig het in die rondomtaliefase nie, in ’n sekondêre kompetisie genaamd die Vodacomskild deelgeneem.
Eindstryde Seisoen Wenner Telling Tweede plek 2001 Griffons 40–27 Oostelike Provinsie 2002 Oostelike Provinsie 26–20 Natalse Haaie 2003 Grens Bulldogs 32–0 Griekwas 2004 Boland Kavaliers 19–12 SWD Arende
Algehele rekord Span Seges Tweede plekke Halfeindstryde Seisoene gewen 1 Oostelike Provinsie 1 1 1 2002 2 Grens Bulldogs 1 0 1 2003 3 Boland Kavaliers 1 0 0 2004 Griffons 1 0 0 2001 5 Griekwas 0 1 1 SWD Arende 0 1 1 7 Natalse Haaie 0 1 0 8 Westelike Provinsie 0 0 2 9 Luiperds 0 0 1 Pumas 0 0 1 11 Valke 0 0 0
Verwysings
Kategorie:Rugbykompetisies in Argentinië Kategorie:Rugby in Kenia Kategorie:Rugby in Namibië