Meisie is 'n Afrikaanse kunsrolprent met Engelse onderskrifte wat op 20 Junie 2007 vrygestel is. Darrell Roodt het die regie behartig terwyl Diony Kempen en Roodt saam aan die draaiboek gewerk het. Die rolprent is op Riemvasmaak in die Noord-Kaap verfilm en die meeste rolle word deur nie-professionele akteurs uit die gemeenskap vertol.Darrell Roodt maak prent in Afrikaans, Volksblad, 29 Junie 2007

Genre Die rolprent is 'n drama.

Hoofrolspelers Abrina Bosman as Meisie Adams Renate Stuurman as juffrou Esmeralda September Raymond Basson

Storielyn Die film handel oor 'n meisie wat haar pa se bokke oppas en nie skool toe kan gaan nie. Sy het ’n verstommende aanleg vir wiskunde en moet hierdie lief­de in klipspeletjies uitleef. Die nuwe onderwyseres op Riemvasmaak, juffrou September probeer haar pa tot ander insigte oortuig en verander hulle lewens onherroeplik.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente