En die Vonke Spat is 'n swart-en-wit Afrikaanse rolprent wat op 2 Oktober 1961 vrygestel is. Die regisseur was Pierre de Wet.

Genre Die rolprent is 'n romantiese komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.

Hoofrolspelers Frederik Burgers as Koot du Toit Marié du Toit as Esmé du Toit, die buurvrou Jan Cronjé as Wessels, Eskom se verteenwoordiger Pieter Bezuidenhout as Septimus Labuschagne Esther Mentz as Chrissie Gerrie Albertse Danie Maree Abrie van Rooyen Willie van Rensburg Awie Labuschagne

Storielyn Oom Koot, 'n koppige boer weier volstrek dat elektrisiteitspale oor sy plaas opgesit word. Hy kom goed genoeg oor die weg met sy paraffienstofie, opsitkers en flikkerende lampe. Dan vind hy tot sy ontsteltenis uit dat sy windpomp eintlik op sy buurvrou, by wie hy probeer aanlê, se grond is. Intussen steel diewe die koperdraad van die elektrisiteitskabels en hy word verdink. Op die ou einde trek hy die diewe vas en kry tog 'n kans om sy buurvrou vir die ja-woord te vra.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente