Albert II van België (volledige naam: Albert Felix Humbert Theodoor Christiaan Eugène Marie;Voorname soos genoem in die Belgiese Grondwet. Frans: Albert Félix Humbert Théodore Christian Eugène Marie. gebore op 6 Junie 1934), prins van Luik, prins van België, was vanaf 9 Augustus 1993 tot 21 Julie 2013 die sesde koning van België.
Hy is die jongste seun van koning Leopold III en koningin Astrid. Hy het sy broer Boudewyn opgevolg nadat Boudewyn in 1993 oorlede is. Sy suster Josephine Charlotte was die metgesel van groothertog Jan van Luxemburg.
Op 3 Julie 2013 het hy aangekondig dat hy op 21 Julie 2013, die Nasionale Dag van België, sou abdikeer. Sy oudste seun, Filip het hom as koning opgevolg.
Verwysings
Eksterne skakels Die paleis se webtuiste
Kategorie:Belgiese konings Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Lewende mense