Nag Van Vrees is ’n Afrikaanse rolprent wat in 1985 uitgereik is. Die vervaardiger was Flip Bezuidenhout, terwyl Stanley Roup die regie behartig het.'Nag van Vrees' Nog te veel pretensies, Die Burger, 5 Maart 1986

Genre Die rolprent is ’n riller. As gevolg van sekere spannigstonele, asook 'n omstrede naaktoneel het die rolprent 'n 2-18 ouderdomsperk.

Hoofrolspelers Ian Roberts as Steve Brümilda van Rensburg as Sonja Peter Sepuma (soms ook gespel: Peter Se-Puma), as Thabo Sandra Ferreira as Katrien

Storielyn Steve doen navorsing op sy plaas oor giftige slangoorte met die hulp van sy jarelange assistent en vriend, Thabo. Hy en sy vrou, Katrien is pasgetroud en dolverlief, maar vrees vir sy gevaarlike werk gooi 'n skadu oor Katrien se geluk en veroorsaak spanning tussen hulle.

Katrien se vriendin Sonja kuier by hulle en as kunstenares put sy inspirasie uit die lieflike omgewing, maar raak ook bewus van onderstrominge wat haar vreesbevange stem. Vreemde moorde in hul omgewing verdiep haar onrus, en 'n onverwagte ontdekking bepaal haar noodlot.

Katrien verdwyn en vrees vir haar welsyn dryf Steve tot die uiterste.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Gruwelrolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente