Oostende is 'n hawestad aan die Noordsee in die Belgiese provinsie Wes-Vlaandere. Die stad is min of meer in die middel van die Belgiese kus geleë en het sowat 70 000 inwoners (2013). Dit is 'n belangrike sentrum vir toerisme en ekonomiese bedrywighede. Die stad beskik oor beide 'n see- en lughawe.

Kategorie:Munisipaliteite in Wes-Vlaandere Kategorie:Nedersettings in Wes-Vlaandere Kategorie:Nedersettings langs die Noordsee‎