Ryno van der Merwe (* 17 Oktober 1978) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Griffons, Westelike Provinsie, Grens, Vrystaat Cheetahs en die SWD Arende in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse gespeel het en vir die Cheetahs in die Superrugbykompetisie.

Hy was tussen 2003 en 2004 in Engeland waar hy vir die Rotherham Titans in 2005-’06 uitgedraf het.

Van der Merwe het in 2009 uitgetree. Hy is as kaptein van die SWD Arende in ’n Vodacombekerwedstryd teen die Luiperds beseer en het besluit om nie langer rugby te speel nie.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1979