Vicki is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1970 deur Kavalier Films vervaardig en uitgereik is. Ivan Hall was die regisseur.
Genre Die rolprent is ’n liefdesdrama.
Akteurs Van die hoofspelers is Sandra Britz, Johan Esterhuizen en Leonie Ross. Van die ander bekendes in die prent is Dana Niehaus, Wena Naudé en Dawid van der Walt.
Storielyn Toe die verslaggewer Flip Botha die aantreklike Vicki du Preez raakloop, raak die twee halsoorkop verlief. Hy wil haar ouers ontmoet, maar toe hy hom aan Vicky se ma voorstel, verbleek die vrou en verlaat die kamer.
Net toe Flip ’n langnaweek saam met Vicki wil deurbring, trek sy ryk pa toutjies en laat hom verplaas na Salisbury. Toe Vicky hom besoek, stuur sy redakteur hom op ’n sending. Dit lyk of almal hulle uit mekaar wil probeer hou en Vicky se ma het duidelik ’n groot geheim.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Romantiese rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente