Kaptein Caprivi is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1972 deur Brigadier Films uitgereik is. Albie Venter was die regisseur.

Genre Die rolprent is 'n aksiedrama.

Akteurs Van die akteurs is Will Seallie, Rod Stewart, Norman Smith, Sandy Nkoma en Ken Hare.

Storielyn Landmyne, terroriste en die Rooi gevaar word uitgebeeld in Kaptein Caprivi. ’n Groep insypelaars blaas ’n bakkie op en neem ’n paar boere as gyselaars. Kaptein Caprivi (Will Sealie) word aangesê om hulle terug te kry.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Avontuurrolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente